Bruid van die Jaar – eerste somerfinalis

Nastasja Pieterson van Vredenburg is Desember 2016 se wenbruid.


Nastasja Pieterson van Vredenburg is Desember 2016 se wenbruid.

Sy is deur Weslander se beoordelaars aangewys as die mooiste bruid in vandeesmaand se inskrywings vir die vyfde Weslander en Weskus Mall Bruid van die Jaar-kompetisie.

Vanjaar is daar wéér groot pryse te wen tydens die gala-geleentheid wat in Oktober by Weskus Mall plaasvind.

Yvette Gillepsie, 2016 se bruidswenner, het vyfsterverblyf, kontantpryse, skoonheidsprodukte en ’n romantiese wegbreekkans vir haar en haar manlief gewen.

Die pryse vir die vyfde wenbruid sal nóg groter wees.

Weslander en Weskus Mall se bruidskompetisie is oop vir alle bruide bo 18 jaar wat tussen September 2016 en Augustus 2017 trou.

Bruide moet in die koerant se verspreidingsgebied woon, of tot haar troudag in die gebied gewoon het. Maandwenners word gekies na aanleiding van hul rok, algemene voorkoms, sowel as daardie spesiale iets van haar persoonlikheid wat haar laat skitter.

Bruide wat in Januarie 2017 getrou het, het kans tot Vrydag 24 Februarie om 15:00 om vir die kompetisie in te skryf.

Inskrywings moet vergesel word van ’n kop-en-skouer- én ’n vollengtefoto. Skakel Trish Goosen of Madelie Tolken by 022 713 1251 vir inskrywingsvorms of navrae.

Hiernaas is sommige van Desember se pragtige inskrywings vir die bruidskompetisie.

You need to be Logged In to leave a comment.