Slegs 15 jaar ná haar eerste borskankerdiagnose moes Queena Bartlett-Brink weer eens die skokkende nuus in die gesig staar.
In die lig daarvan dat Oktober weer Borskankermaand is, deel Queena haar storie om te help om bewustheid te skep.
Dié Saldanhabaai-inwoner se gewone daaglikse roetine het heeltemal ‘n ander draai geneem.
Die radiografis wat haar mammogram gedoen het, het haar meegedeel dat daar veranderinge in haar regterbors is.
“Sy het my ná die ultraklank gevra om aan te trek en my op videokonsultasie met die radioloog gesit, wat my mammogram- en ultraklankuitslae aan my gegee het. Sy het bevestig dat daar veranderings in my regterbors is en dat ek my huis- dokter moet besoek om my na ‘n chirurg te verwys sodat ‘n biopsie van die bors gedoen kan word. Noudat ek terugdink, was ek in ‘n dwaal. Ek het telkemale gewonder of ek droom en dan hardop aan myself gesê alles gaan oukei wees.”
Met dié eerste diagnose 15 jaar gelede is Queena se linkerbors verwyder nadat sy ‘n knop op haar bors ontdek het. “Hier-
die keer was heeltemal anders as 15 jaar gelede. Ek het tydens my maandelikse bors-selfondersoek absoluut geen knop gevoel en ook geen kliere gevoel of enigiets anders wat my gepla het nie. Die diagnose is ten volle gemaak deur my roetine- jaarlikse mammogram-opvolg. Nie een van die dokters wat deel van my behandelingspan was, kon die knop in my bors voel nie. Almal wou weet of ek iets kon voel, maar my antwoord was ook elke keer nee.”
Queena se regterbors is op Dinsdag 2 September vanjaar verwyder. “Dr. Piet Boer van Vredenburg het my operasie in Life Weskus-hospitaal in Vredenburg uitgevoer, en wat ‘n absoluut fantastiese dokter! Die hele span was wonderlik. Die operasie het ek weer eens be-
skou as ‘n positiewe punt omdat die broeiplek nou geskei is van my. My herstelproses ná die operasie het perfek verloop.”
Queena wil graag met vroue deel dat borskanker nie ‘n doodsvonnis hoef te wees nie. Sy meen met sosiale media is dit deesdae so maklik om video’s te kyk oor bors-selfondersoek, wanneer en hoe om ‘n bors-
self- ondersoek te doen, waarvoor om uit te kyk en meer.
“Wat belangrik is, is dat borskanker vroeg opgespoor moet word sodat dit behandel kan word en jy kan lewe. Gaan besoek ‘n dokter of gaan na jou naaste kliniek as jy ‘n knop in jou bors of enige soort verande-
rings voel. Daar is geen skande aan kanker nie. Vroeë diagnose gevolg deur behandeling bete-
ken lewe.
“Alle eer aan God. My hart loop oor van dankbaarheid!”


