Boland en wes-boland prestasies: Die afgelope naweek het die Boland-byeenkoms vir laerskole Vrydag in Malmesbury plaasgevind. Die Wes-Boland-byeenkoms vir hoërskole is Saterdag in Moorreesburg gehou. Vyf atlete van die Laerskool Vredenburg het die Boland-span gehaal wat op 27 Februarie aan die Wes-Kaapse atletiekbyeenkoms vir laerskole in Oudtshoorn gaan deelneem. Hulle is (agter van links): Louwelle Cupido (meisies o. 13-hoogspring), Konrad Toerien (afrigter) en Minke Engelbrecht (meisies o. 12-75 m hekkies). Voor: Keanon Adams (seuns o. 13-200 m hekkies) en Cole Boyes (seuns o. 12-versrping). Afwesig: Lehan Willemse (seuns o. 12-hoogspring).


.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 December 2025
    Weslander E-Edition – 18 December 2025

Gift this article