Biker-vroue speel Kersvader by Agapé

’n Groep van 13 vroue het voorverlede Saterdag die Agapé-kinderstigting, ’n huis van veiligheid en geregistreerde niewinsgewende organisasie in Vredenburg, se kinders kom bederf met Kersgeskenke, badgoed en allerhande speletjies.

Volgens Zelda van Niekerk ry die groep Kaapse sakevroue, wat hulself Bikers with a Cause gedoop het, deur die Wes-Kaap en help waar hulle kan.

“Ons geniet die blydskap op die gesig­gies en gee met liefde hulp, donasies en aandag.”

Elkeen van die vroue het óf kanker oorwin óf stry steeds teen kanker.

Hulle het juis die groep begin met die ondersteuning van hul vriendin, Anita Mijlof (55), wat al vier jaar teen bors­kanker stry.

Volgende jaar keer hulle terug na Agapé, dié keer met skoolgoed asook op verjaarsdae, het van Niekerk verseker.

You need to be Logged In to leave a comment.