Die Saldanha-pastoorforum hou Sondag ’n gesamentlike biddiens en nooi alle gelowiges om saam te staan.
Die geleentheid wat by die Diazville-sportveld gehou sal word begin om 15:00 met kerkleiers wat die program sal lei.
Misdaad, die voortslepende droogte en die resessie sal onder meer van die onderwerpe wees waaroor almal saam gaan bid.
Saldanhabaai-munisipaliteit se burgemeester sal na verwagting die geleentheid bywoon en ook die plaaslike polisiehoof brig. Zukiswa Bavuma.
Enigeen wat meer wil weet oor die biddag kan pastoor Maart by 072 602 6710 of dr. Booyens by 079 656 7597 bel.
Almal is welkom om dit by te woon.