‘n Bewaarder by die Voorberg-gevangenis buite Porterville se vrou het hom verlede week in hul huis doodgesteek.
Pamela Kotilisi (36) het verlede Vrydag (18 Julie) in die landdroshof op aanklag van die moord op haar man, Vumile Kotilisi (44), verskyn.
Volgens kapt. Tania Helfrich, woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, het Pamela na bewering op Donderdag 17 Julie omstreeks 03:50 haar man in hul huis op die Voorberg-gevangenis se terrein met ‘n mes in die bors gesteek. Hy is op die toneel dood.
Pamela is op borgtog vrygelaat en sy sal weer Maandag 28 Julie in die Porterville-landdroshof op ‘n aanklag van moord voorkom.

