Wouter van de Venter, met sy rasperstem en verstommende kitaarspel, en Clinton Waring, met sy fluweelstem en klavierspel, bied aan Beste vriende sing Laurika by Die Koelkamers.

Met hierdie musiek-ode bied hulle ’n intieme openbaring van die mens agter die ikoniese status en die vriendin agter Suid-Afrika se geliefde sangeres, Laurika Rauch. Aangrypende nuwe verwerkings van treffers soos “Die gang” en “Op Blouberg se strand” beloof om ’n hoendervleis-mooi ervaring te wees en besondere weergawes van onder meer “Toemaar die donker man” en “My ou tante Koba” neem gehore op ’n herinneringsreis wat die hartsnare sal roer. In hierdie terugblik van Wouter en Clinton se sewe jaar van optredes saam met Laurika Rauch – van Rustenburg tot die Royal Albert Hall in Londen en van Worcester tot Wembley – word staaltjies en herinneringe van hul orkesjare saam, vertel wat nog nooit tevore gehoor is nie.

Gehore hoor ook meer oor waar en hoe die legendariese liedjieskrywer Christopher Torr met lirieke vorendag gekom het vir bekende liedjies soos “Stuur groete aan Mannetjies Roux”.

Die vertoning vind op Vrydag 10 Mei om 19:00 plaas. Kaartjies kos tussen R207 en R322. Om te bespreek besoek www.diekoelkamers.com.

You need to be Logged In to leave a comment.