Om unieke en besonderse geskenke te kry, word al makliker met die groot aantal Kersmarkte aan die Weskus.
Die grootste en gewildste een bly steeds die NG kerk Akkerdyk se Weskus-Kersmark, wat vanjaar die sestiende keer gehou word.
Omdat die keuring baie streng is om op dié mark in die Hoërskool Vredenburg se saal uit te stal, bly die gehalte van produkte baie hoog.
Vanjaar is geen uitsondering nie.
Daar is 150 stalletjies met ’n groot verskeidenheid vir die hele gesin – van varsgebak elke dag, konfyt, heerlike ingelegde produkte, olywe, gemmerbier, toffies tot biltong uit Namibië. Daar is ook nog speelgoed, ysterware, naaldwerk, houtgoed, dekorartikels, souse, beskuit, koek, handwerk, juwele, en vele meer.
Vinnige betaalpunte met kaartmasjiene maak dit ’n sorgvrye inkopietog.
Die marktye is Donderdag 21 Desember van 10:00-19:00 en Vrydag 22 Desember van 10:00-15:00. Bel Anna Brand by 083 609 7142 of stuur e-pos na weskusmark@akkerdykkerk.co.za.
Donderdag 21 Desember is dit tyd vir die I Love Yzer-feesmark op die Delarey-gasteplaas van 10:00-16:00. Toegang kos R15 vir volwassenes en R5 vir kinders (2-12).
E-pos Eldré Strydom en Mariaan Heyns by info@iloveyzer.co.za of skakel 022 451 2202.
Saterdag 23 Desember is tyd vir Langebaan se Kersfees-kermis wat in die Langebaan-stadsaal van 10:00-15:00 gehou word. Sowat 60 stalletjies gaan ware uitstal. Toegang is gratis. E-pos: liffm@mailbox.co.za.
Die Christmas Fair-feesmark vind nog elke dag tot Sondag 24 Desember in die Malgassaal by die Protea Hotel in Saldanha plaas.
Handwerk, eetgoed, juwele, olywe, gebak en klere is daar te koop. ’n Teetuin is ook beskikbaar. Tye: Maandag tot Donderdag 10:00-18:00, Vrydag van 10:00-19:00, Saterdag van 10:00-15:00, en Sondag 24 Desember van 10:00-17:00. Bel Magda by 078 298 6394.