Jurie Hayes Primêr het Donderdag 6 Junie beroepsdag gehou. Leerders het aangetrek volgens die beroepe wat hulle wil nastreef. Verteenwoordigers van die Weskus Fossielpark asook die Spesiale Magte was ook daar en het die leerders meer vertel oor hul beroepe en hoe leerders dit ook eendag kan volg. Links is die wenners uit elke graad wat die beste aangetrek het. Agter: Brandon Burger, Joshua Phillips, Thando Ntshuntsha en Ethan Fortuin. Voor: Lulo Makala, Sesona Balelo, Schyler Arendse, Muvuyo Booi en Chad-Lee Pieters.


  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025