Ian Turner, die eienaar van die Muisbosskerm by Lambertsbaai, saam met Pieter de Kock by die eindpunt.

Weskus-bergfietsentoesiaste het die afgelope Saterdag (11 Oktober) aan die Cedar2Coast-bergfietsren deelgeneem.

Volgens Amanda Volschenk van die Weskus-fietsryvereniging was die roetes deeglik gemerk.

“Die weer het lekker saamgespeel met digte mis en ‘n misreëntjie wat net sag genoeg was om diegene wat by die eindpunt gewag het, nie deurnat te laat word nie.”

Weskus-fietsry kry nuwe lewe nadat dit vir ‘n paar jaar onaktief was en het nou reeds vier geesdriftige fietsryklubs. Die bestuur is Jan Faro (voorsitter), Elizabeth Ras (ondervoorsitter),

Johanné Williams (sekretaresse), Amanda Volschenk (tesourier), Elka van Rooyen (padfiets-verteenwoordiger) en Pieter de Kock (bergfiets- verteenwoordiger). De Kock het ook aan Saterdag se ren deelgeneem.

Klubs wat bergfietsrenne (MTB) wil aanbied, kan enige tyd met De Kock in verbinding tree.

• Stuur e-pos aan pdekock3@gmail.com met planne en navrae. De Kock sal besonderhede kan verskaf en die regte prosedures om te volg, verduidelik.

• Bel Amanda by 082 603 6628 of stuur e-pos na amavol@gmail.com met navrae.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025