Die ou bekende Captain’s Cabin in Saldanha het onlangs ’n nuwe bestuur gekry en daarby sommer ’n nuwe spyskaart en klankbaan.
Captain’s Cabin is reeds jare by Hoofstraat 16 in Saldanha te vinde en staan sedert 1 April onder nuwe bestuur.
Die nuwe span was egter geen 1 April-gekgrap nie, want die span ken van gasvryheid en lekker eet.
Volgens mede-eienaar Pedri Viljoen is die plan om die restaurant en kuierplek weer ’n baken in die dorp te maak.
Die kuierplek bied musiek, ’n mooi uitsig op Saldanha se pragtige baai en van die lekkerste kos in die dorp.
Gereelde besoekers asook diegene wat iets nuuts wil beproef, kan gerus Captain’s Cabin se nuwe spyskaart gaan uittoets.
Daar is seekos, pizzas en sommer “ietsie van alles,” sê Pedri.
Dit blyk kliënte is ook mal oor die nuwe eetgoed.
Honger Weskussers kan beslis deur die dag ’n draai maak, want tussen 11:00 en 16:00 sit die kombuis hul vinger-lek-lekker ligte maaltye voor.
Dan is daar natuurlik die gereelde aandkuiers en televisieskerms sodat sportwedstryde met ’n bier in die hand geniet kan word – soos dit mos moet wees.
Wees ook op die uitkyk vir spesiale aanbiedings en gaan loer gerus by die ou bekende, maar nuut opgeknapte Captain’s Cabin in.