Badisa Weskus het groot finansiële skade gely ná ‘n inbraak by hul Vredenburg-kantoor op Sondag 13 Oktober.
Die inbrekers het gedwonge toegang tot die perseel gekry en onder andere selfone, rekenaartoerusting en kantoorvoorraad gebuit. Die diewe het die motorhuis se sleutels in die hande gekry en die voertuie se wieldoppe asook die batterye verwyder en weggedra.Drade is geknip of uit die muur geruk wat ons stelsels, internet-infrastruktuur en foonlyne is in die proses vernietig het.
Dit het veroorsaak dat Badisa Weskus duisende rande aan dringende herstelwerk van hul kommunikasiestelsels en motors moes spandeer, sodat dienslewering aan die mishandelde kinders en kwesbare gesinne wat ons bedien, nie belemmer word nie. Daar is egter nie vir hierdie onvoorsiene uitgawes begroot nie en dit het weer ‘n impak op ander dringende en noodsaaklike operasionele uitgawes. Dit is dan die kinders wat Badisa bedien, wat aan die kortste ent trek.
Badisa Weskus meen enige help sal van waardeering wees. Sou jy ‘n kontant bydrae wil maak kontak hulle gerus by 022 713 1723.