Die atletiekseisoen is aan die gang en verskeie plaaslike skole het reeds hul kleure-atletiekbyeenkomste gehou.
Die afgelope naweek het die leerders, ouers en atlete van onder meer Panorama Primêr en St. Andrew’s Primêr sake op die sportveld uitgespook. Hoërskool Hopefield het Vrydag 24 Januarie ’n byeenkoms gehou en Hoërskool Weston Maandag 27 Januarie.