Drie atlete van Panorama Primêr het die naweek aan die Wes-Kaap-atletiekbyeenkoms in Paarl deelgeneem. Clementino Thompson (o.13, derde in gewigstoot), Ceshwill Jooste (o.13, vierde in 200 m en vyfde in 100 m), Benir Rukera (o.13, tweede in 800 m en tweede in verspring) is saam met hul trotse afrigter, Monré Witbooi. Celementino en Benir is in die Wes-Kaap-span opgeneem en sal 15 en 16 Maart aan die nasionale kampioenskap in Germiston deelneem. Inwoners wat graag dié atlete wil help, kan Witbooi (073 325 2392) of die skool by 022 713 1360 bel. Foto:


Atlete deur na nasionale kampioenskap

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 February 2026
    Lees Weslander se nuutste stories en kenmerke gerieflik aanlyn in ons e-edition op Weslander.co.za.

Gift this article