Langebaan Primêr se atlete is vanjaar weer vuur en vlam op die atletiekbaan.
Talle van die skool se leerders het die afgelope naweek aan die Wes-Boland-atletiekbyeenkoms deelgeneem en medaljes verower.
Die skoolspan het onder meer uit Gaylin Berling, Juane Lewies, Marly Geduld (goud in die 1 200 m), Rafiq Papier, Xena Swarts, Deniah McDonald, Valentino Fredericks en Tamara-Kay Pholman, bestaan.
Die Ocks-sibbe het ook weer hul staal op die baan gewys. Jason het goud in die 800 m en silwer in 1 500 m verower terwyl sy broer, Jadon, goud in die 1 500 m en brons in die 800 m gewen het.
Angel het brons in die 1 200 m gewen.
Ander podiumwenners was Valentino Beukes (silwer in die 1 500 m en brons in die 800 m), Shadia Papier (brons in 100 m), Nathan Aneke (brons in 100 m) asook Lee-Ann Warnick (ook brons in 100 m).
Die aflos-atlete het ook naam gemaak en diegene wat op die podium geëindig het, was: Xavier Lewis (goud in aflos en silwer in 60 m), Duwayne Linnert (goud in aflos), Juan Moses (goud in aflos), Evan Berling (brons in 60 m en 80 m, goud in aflos), Carter Salmon (silwer in aflos), Liam Blaauw (silwer in aflos), Taitendaishe Mafume (silwer in aflos) en Gerodin Lottering (silwer in aflos).
Danksy hul skitterende vertoning by die Boland HS-kampioenskap in Paarl het Juane en Valentino Fredericks in die top-10 in die 800 m- en 1500 m-nommers geëindig.
Alle medalje-wenners vorder nou na die Boland-laerskole-atletiek-kampioenskap wat Saterdag (29 Februarie) by die Dal Josafat-stadion in Paarl gehou word.