Anja’s: gesonde kitsetes

’n Geroosterde kaastoebroodjie of ’n paai is wat die meeste van ons gryp as die honger knaag en die tyd min is.


’n Geroosterde kaastoebroodjie of ’n paai is wat die meeste van ons gryp as die honger knaag en die tyd min is.

Vir diabete is die meeste kitsetes egter verbode plesiertjies, maar nou bied Anja’s Pantry dieselfde geliefde etes ook suikervry en met laekoolhidraat-inhoud aan by hul nuwe perseel in die Ipic-sentrum op Vredenburg.

Eienaar Annora Mostert vertel opgewonde hulle beoog nie net ’n wegneemete-gedeelte nie, maar ook ’n klein koffiewinkel vir diegene wat wil sit en eet. Natuurlik beteken die winkel ook meer ruimte vir hul reeks hoë gehalte suikervrye en laekoolhidraat-produkte waarvan hulle sommige self ontwikkel in hul industriële kombuis.

Die wye keuselys van wegneemetes sluit in alles van wraps, geroosterde toebroodjies, taco’s, pasteie en hamburgers tot klaarbereide maaltye.

Vir die soettand is daar elke dag twee soorte koek om van te geniet sonder die skuldgevoel.

Besigheidsure: Maandag tot Vrydag 09:00-17:00, Saterdag 09:00-13:00. Gesluit op Sondae en openbare vakansiedae.

You need to be Logged In to leave a comment.