Ek wou nog altyd weet hoe om melkpons (eggnog) te maak, want dit lyk altyd so lekker in Amerikaanse Kerstyd-rolprente. Dit is blykbaar nog lekkerder as ’n mens dit verouder, selfs vir ’n kort rukkie, omdat dit die smaak en tekstuur verbeter. Om ses koppies te maak:
Wat het jy nodig?
• 6 groot eiers
• 1 koppie suiker
• 2 koppies volroommelk room plus 1 koppie dik room
• ½ tot 1½ koppies Amerikaanse whiskey, rum, konjak, of ’n mengsel daarvan
• Vars gerasperde neutmuskaat of kaneel, vir opdien.
Wat nou?
Skei die eiers, plaas die eiergele in medium bak en die eierwitte in groot bak. Bedek die eierwitte en verkoel of vries as die eiergeelmengsel langer as ’n dag verouder gaan word.
Klits die eiergele en suiker saam. Voeg die suiker by die eiergele en klits met die hand of met menger totdat die mengsel glad, romerig en ’n suurlemoengeel is.
Voeg die melk, room en alkohol by en klits tot goed gemeng.
Bedek die bak en verkoel vir ten minste een uur. Hoe meer alkohol jy byvoeg, hoe langer sal dit hou – die melkpons sal ’n paar weke hou en voortgaan om in die yskas te verouder en te verdik, mits dit in ’n verseëlde glashouer gebêre word.
Net voor opdien – klits die verkoelde eierwitte (ontdooi eers gevriesde eierwitte) in ’n staanmenger of handmenger teen hoë spoed totdat die eierwitte stewige puntjies vorm.
Vou die eierwitte in die eiergeelmengsel. Dit gee die melkpons ’n skuimerige, ekstra romerige tekstuur. Van die eierwit sal boontoe dryf, soos cappuccino-skuim.
Bedien die melkpons in individuele glase met neutmuskaat bo-oor.
Let wel: daar is ook resepte vir gekookte melkpons wat warm bedien kan word.