Die fietsryer Adriaan van Zyl is onlangs na Nederland om aan die Europese junior fietstoer in Assen te gaan deelneem. Dié graad 8-leerder aan Hoërskool Hopefield het Suid-Afrika in die tien dae lange fietswedren verteenwoordig. Op die eerste dag het hy eerste geëindig. Dié prestasie het bygedra dat hy uiteindelik tiende op die algemene klassifikasie (GC-log) van al 28 deelnemende lande, eindig.

Benewens sy oorsese prestasie is Adriaan ook ’n provinsiale bergfiets-kampioen en het nasionale kleure in padfiets én tydtoets verwerf.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025