Aarbei-koekstruif

In my familie is dit nie ’n volwaar­dige Kersfees sonder ’n paar gunstelinge nie: tong, soutvleis, gerookte ham (gammon) en koekstruif (oftewel, trifle) is ’n moet.


In my familie is dit nie ’n volwaar­dige Kersfees sonder ’n paar gunstelinge nie: tong, soutvleis, gerookte ham (gammon) en koekstruif (oftewel, trifle) is ’n moet.

Ek is oortuig daarvan omtrent elke familie in Suid-Afrika het hul eie unieke koekstruifresep vir daai spesiale tye. Ek het ook bietjie gaan lees oor waar die woord “trifle” vandaan kom. Dit kom van die Franse term “trufle”, wat beteken wispelturig of kaprisieus, wat beteken dis veranderlik – so jy kan jou unieke kenmerk daarop sit.

“Trufle” beteken ook min of lae gevolge. Kom ons hoop die alternatiewe aarbei- en Bailey’s en sjokolade koekstruif­resepte wat ek gaan soek het, het ook “min of lae gevolge” vir die middellyf!

Wat het jy nodig?

• 1 koppie koue melk
• 1 koppie suurroom
• 1 pakkie vanielje kitspoeding
• 1 teelepel gerasperde lemoenskil
• 2 koppies styfgeklopte room
• 8 koppies blokkies engel­koek
• 4 koppies vars aarbeie (opgesny)
Wat nou?

Klits die melk, suurroom, kitspoedingmengsel en lemoenskil in ’n groot bak op lae spoed, tot dik.

Vou die geklopte room in.

Plaas die helfte van die koek­blokkies in ’n glasbak.

Rangskik ’n derde van die aarbeie om die kante van die bak en oor die koek. Gooi die helfte van die kitspoedingmengsel bo-op. Herhaal. Versier met die oorblywende aarbeie. Verkoel vir twee uur voordat dit bedien word.
Bron: www.tasteofhome.­com

You need to be Logged In to leave a comment.