Die West Coast Music Academy-studente wat onlangs die Unisa-ererol gehaal het vir hul musiekeksamens is bo van links Annika Gericke, Joel Janneker, Armand Potgieter en (onder) Mia Melck, Colan Fransman, Quizandri Mouton en Raydene Loubser. Foto:


Studente van die West Coast Music Academy (WCMA) het onlangs uitstekend in die Unisa-musiekteorie-eksamen gevaar.

Sewe leerders het Unisa se ererol vir uitblinkers vir uitstaande prestasies gehaal.

Musiekmakers wat 100% vir graad 1 ontvang het, is Annika Gericke en Joel Janneker, terwyl Armand Potgieter 100% vir voorgraad 1 behaal het.

Mia Melck het 99% vir haar graad 1-eksamen behaal met Colan Fransman wat 98% vir voorgraad 1, Quizandri Mouton wat 97% vir graad 1 en Raydene Loubser wat 96% vir voorgraad 1 behaal het.

Die WCMA-studente wat met lof geslaag het is Zenia Botes (94%, graad 1), Stevie Phillips (94%, graad 1), Liam Opperman (94%, graad 1), Kiara Kirsten (90%, graad 2), Mieke van der Merwe (89%, graad 3), Jade Vrolick (88%, graad 1), Schalk Meintjes (87%, graad 1), Daniël Meintjes (86%, graad 1) en Luke Pyper (83%,
graad 1).

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025