Dit is uitstekend.

Matrikulante en hul ouers het vandeesmaand asem opgehou vir hul uitslae, maar vir die meeste was die wag die moeite werd.

Hoërskool Hopefield pronk vanjaar met ’n 100%-slaagsyfer en vyf A-kandidate.

Die skool se toppresteerders is Mitculay Swarts, Caitlin Blaauw, Nelandi Boshoff, Kirsten van Dyk en Jeroen van der Merwe.

Hoërskool Vredenburg se Nickilese van der Walt (90,4%), Jadé Lewies (86,7%), Shana van Wyk (85,9%), Heinrich van Nieuwenhuyzen (85,3%), Nigo van Huyssteen (83,6%), Michelle Abrahams (83,1%), Akhona Mngenyane (81,7%) en Louw-Marie Sauerman (81,1%) het almal ’n A-gemiddeld behaal.

In die Bergrivier-gebied het die Hoërskool Piketberg ’n slaagsyfer van 98,3% behaal.

Agt van die skool se leerders het ’n A-gemiddeld behaal. Marinda Nelson (92,6%), Janke van Schalkwyk (90,7%), Bosmann Rossouw (88,7%), Johan du Toit (88,6%), Aldo von Wiellich Olivier (86,4%), Petro Grundlingh (86,1%), Lize Visser (82,7%) en Maryna Hagen (82,6%) is almal hul skool se trots.

In Langebaan het Curro Onafhanklike Skool se hele matriek-klas geslaag.

Die ses matrikulante van Curro gaan vanjaar onder meer astrofisika en medies studeer.

Serine Hamilton (80,29%), JP du Plessis (81,43%), Lourens Pretorius (82,71%), Leroux Brittz (82,71%), Carmen Swanepoel (88,43%) en Joanni Skinner (92,71%) is Curro se top- akademiese kandidate.

Hoërskool Velddrif het ook ’n 100% slaagsyfer behaal.

Hoërskool Weston se matrikulante het ’n 67,4% slaagsyfer behaal, wat 10% verbetering bo verlede jaar is.

Weston se buurskool Louwville het op hul beurt ’n 67,4%-slaagsyfer behaal teenoor 57,4% in 2018.

Byna die helfte van die skool se 2019-matriekklas het met toegang vir baccalaureus- tersiêre studies geslaag.

In Saldanha het Diazville se graad 12-klas het ’n 78% slaagsyfer behaal.

You need to be Logged In to leave a comment.