Die polisie in Vanrhynsdorp het op ‘n boks met altesaam 167 skurwejantjies, ook bekend as ouvolk, wat op pad na die swartmark in Kaapstad was, afgekom.
Dié bedreigde ouvolk-akkedisspesie word vir duisende rande oorsee verkoop.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ‘n woord- voerder vir die Weskus-polisiedistrik, het die polisie verlede Saterdagoggend omstreeks 05:15 inligting gekry oor ‘n verdagte wat glo in ‘n bus met ‘n be- dreigde spesie in sy besit op pad na Kaapstad was.
Die bus is in Van Riebeeckstraat voorgekeer en deurgesoek. Alfonzo Bevan Isaacs (25) van Springbok is in hegtenis geneem met 167 skurwejantjies (ook bekend as ouvolk) in sy besit.
Isaacs het die afgelope Maandag (20 Oktober) in die Vanrhynsdorp-landdroshof op ‘n aanklag van die onwettige besit van ‘n bedreigde spesie verskyn.


